North West & Gauteng

Article

    NG Welsyn bied weer vanjaar Prestige wynveiling aan
    01 April 2016



    NG Welsyn het verlede jaar 'n baie suksesvolle eerste wynveiling aangebied en maak vanjaar weer so!

    Baie dankie vir u ondersteuning, ons het groot waardering daarvoor.

    Hier is solank 'n voorsmaak van die eksklusiewe brandewyne, wyne en port wat beskikbaar gaan wees:

    Ander uitsoekwyne, brandewyne en port:

    • Gabriëlskloof Swartrivier Shiraz 2010 & 2011
    • Bergsig Port 1993 & 1995
    • Tokara brandewyn (net op landgoed beskikbaar)
    • KWV Reserve Mentor Shiraz 2012
    • Kanonkop Port (glad nie in die handel beskikbaar, eienaar maak dit slegs vir eie gebruik)
    • Kanonkop Pinotage 2006
    • Annandale Shiraz 2005
    • Beyerskloof Pinotage 3 liter (geteken deur Allister Coetzee en Adriaan Strauss)

    Nog ander uitsoekwyne van onder andere Rust en Vrede, Rupert & Rothchild, en Beyerskloof gaan ook te koop wees.

    Die koste vir ‘n tafel van 10 persone beloop R3 000. ‘n Beperkte aantal enkelkaartjies is ook teen R300 per persoon beskikbaar. Dit sluit 'n heerlike viergangete sowel as tafelwyn in.

    Stuur asb hierdie e-pos aan indien u moontlik weet van nog mense wat sal belangstel. Die verkope van die tafels verloop baie goed en daar is beperkte plek beskikbaar.

    Lotlys



    Baie dankie en ons sien uit na 'n heerlike aand saam met Hempies du Toit, Springbok rugbylegende en bekende wynmaker. En natuurlik Crista Galli se watertandgeregte!

    Vir meer inligting stuur 'n e-pos na info@ngwelsyn.co.za.


    Rekeningnaam: NG Welsyn Noordwes
    Bank: ABSA
    Reknr: 01009700249
    Takkode: 632005
    Verwysing: Wynveiling + naam


    Laat weet asb indien u 'n faktuur verlang. Meld asb ‘n duidelike verwysing as 'n EFT gedoen word, wyn + naam.

    Vriende soos julle help ons om 'n verskil te maak in die lewens van kinders en families in nood. Baie dankie daarvoor!

More Articles